Oor die webwerf

Hierdie webwerf is ‘n inisiatief van Die Afrikaanse opinieplatform en dien om rassisme sigbaar te maak. Die doel van die Stop rassisme!-webwerf is om mense bewus te maak van rassisme en hoe om dit te kan voorkom.

Ons dink party mense in Suid-Afrika gedra hulself rassisties sonder dat die ‘daders’ besef dat hulle rassisties is. Dit is nie ons doel om ‘n nuwe webwerf oor die geveg teen rassisme te stig en betweterig te wees teenoor die mense wat rassistiese gedrag vertoon.

Die debat oor rassisme in Suid-Afrika is ernstig gepolitiseer en word dikwels vir politieke gewin gekaap. Ons weier aan verdere politisering van die rassismedebat by te dra.

Ons wil die anti-rassismeveldtog en anti-diskriminasieveltog teruggee vir die mense wat elke dag te doen het met rassisme en diskriminasie. Ons toon die onbenulligheid van die gebeurtenisse, die humor in die situasie in kort aanhalings. Laat ons lag oor die voorvalle, sonder om die ‘daders’ wat dikwels nie beter weet nie aan die skandpaal te nael.

Ons beskou elke opmerking oor onveranderlike sake van mense as rassisme en/of diskriminasie. Van opmerkings oor ‘dom blondines’ tot bedenklike regeringsverklarings. Ons deel die aanhaling. Net die aanhaling. Om die onbenulligheid van sulke opmerkings te toon.

Is jy bereid om jou ervaring in ‘n kort aanhaling te deel? Stuur hier!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s